Gaswisseling
Across
- 2. Wanneer lug uitgeasem word
- 5. Koepelvormige spier by soogdiere wat die borsholte van die buikholte skei; betrokke by asemhaling
- 8. Ander woord vir asemhaling
- 9. Die afbreek van organiese verbindings (glukose / suiker), in die mitochondria van selle, in anorganiese produkte (CO2 en H2O) met die vrystelling van sellulêre energie (ATP); kan aërobies of anaërobies wees.
- 12. Die afbreek van komplekse molekules tot eenvoudige molekules om energie vry te stel
- 14. Wanneer lug ingeasem word
- 15. (plante en diere) landlewend
- 16. hoogte bo seevlak/seespieël
- 17. Suurstofdraende pigment (proteïen) in die bloed
- 18. ‘n instrument wat gebruik word om die volume lug, wat die menslike longe binnedring en verlaat tydens inaseming en uitaseming, te meet.
Down
- 1. (Fe) die element in die hemoglobienmolekule waarmee die suurstofatome verbind
- 3. (plante en diere) waterlewend
- 4. Die beweging van molekules van ‘n gebied met ‘n hoë konsentrasie na ‘n gebied met ‘n lae konsentrasie totdat ewewig bereik is
- 6. In die teenwoordigheid van suurstof
- 7. Rooibloedselle
- 10. Meganiese proses van inaseming en uitaseming waardeur lug die respiratoriese organe binnekom en verlaat om die opname van suurstof en die verwydering van koolstofdioksied moontlik te maak.
- 11. Die wisseling van O2 en CO2 by ‘n respiratoriese oppervlak vind
- 13. In die afwesigheid van suurstof