Jaaroorsig2021
Across
- 6. Jacob Zuma word dít toegestaan en vrygelaat.
- 8. Dié Fidentia-bedrieër word op parool vrygelaat (slegs van).
- 9. 'n Brand rig ernstige skade by dié Kaapse onderriginsteling aan.
- 11. Bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger word 70 (slegs van).
- 12. Dié 37-jarige Springbok kondig sy uittrede uit internasionale rugby aan.
- 13. Die sakemagnaat Christo Wiese eis dié wynlandgoed terug van Markus Jooste.
- 14. Dié akteur neem die laaste keer die rol van James Bond op.
- 17. Die omikron-variant stam uit dié alfabet.
- 18. Dié Afrikaanse aktrise bekend vir haar rol in 'Fiela se kind' is in die ouderdom van 66 oorlede.
- 20. Suid-Aafrikaanse akteur sterf weens Covid-19.
- 24. Plundery in dié provinsie veroorsaak 'n nasionale krisis.
- 27. Prins Philip se van.
- 28. Die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou'.
- 30. Prins Harry en Meghan staan 'n onderhoud toe aan dié aanbieder van 'n TV-geselsprogram.
- 31. In Oktober was dié sosiale netwerk en sy filiale soos Messenger, Instagram en WhatsApp vir sowat 7 ure onbeskikbaar.
- 32. Dié jaarlikse fuifparty vir matrieks word gekanselleer weens Covid-19.
- 33. Kwêla se 'Dorp van die Jaar'.
- 34. Dié regter word skuldig bevind aan wangedrag (naam en van).
- 36. Bianca Buitendag het 'n olimpiese silwermedalje verower. Van watter Suid-Kaapse kusdorp kom sy vandaan?
- 39. 'n Grootskeepse soektog is geloods na 'n aantal nylkrokodille in dié rivier ontsnap het.
- 42. Dis vanjaar 'n eeu sedert die Springbokke se eerste toets teen dié span.
- 44. 'n Twis woed om die kop van dié WP-rugbybaas en dit gaan onder meer oor geld (slegs voornaam).
- 45. Hy (sien xx) volg haar op.
- 46. Dié akteur van die TV-reeks 'Star Trek' onderneem 'n ruimtevlug aanboord Jeff Bezos se Blue Origin.
- 50. Prins Philip sterf in dié ouderdom (met koppeltekens).
- 51. Die verandering van dié skoolnaam veroorsaak omstredenheid.
- 52. Dié vorm van politieke samewerking was in talle munisipaliteite nodig nadat geen party 'n volstrekte meerderheid kom behaal nie (meervoud).
- 56. Die konstitusionele hof bevind dié universiteit se taalbeleid is ongrondwetlik.
- 57. Dié voormalige hoofsektretaris van die ANC word geskors (slegs van).
- 58. Die nuwe burgemeester van Kaapstad (slegs voornaam).
- 59. Oudstaatshoof se weduwee (slegs van).
Down
- 1. Dié legende in die Suid-Afrikaanse wynbedryf is in ouderdom van 81 oorlede.
- 2. Rassie Erasmus was in warm water oor 'n twiet waarin twee diere verskyn. Die een was 'n tier, maar wat was die ander?
- 3. Dié Protea-krieketspeler was in 'n hêrrie nadat hy aanvanklik geweier het om te kniel.
- 4. SA se nuwe minister van gesondheid.
- 5. Dié Eskom-baas se kop word geëis oor 'n nuwe vlaag beurtkrag (slegs sy van).
- 7. Die skuld vir 'n vlaag beurtkrag wat by vlak 6 gehuiwer het, is op dié misdaad gepak.
- 10. Hy wen die Franse ope (slegs van).
- 15. Jacob Zuma is in die tronk op dié dorp aangehou.
- 16. Tatjana Schoenmaker verower die olimpiese goue en silwer medaljes in die slag.
- 19. Bobbejaanmannetjie wat onder omstredenheid doodgemaak is.
- 21. 'n ANC-LP wat vanjaar oorlede is.
- 22. Voormalige Zambiese staatshoof sterf in die ouderdom van 87.
- 23. Bekende hartchirurg word in omstredenheid gehul oor haar uitlatings oor Covid-19.
- 25. Dié akteur wat vanjaar oorlede is, het sy fliekdebuut in 'Seun van die wildtemmer' gemaak (naam en van).
- 26. Interpol se hulp word gevra om drie broers met dié van op te spoor.
- 29. Voormalige Suid-Afrikaanse staatshoof sterf (volle name).
- 35. Dié skepper van 'Egoli: plek van goud' is vanjaar oorlede.
- 37. SA marathonatleet word die nuwe wêreldrekordhouer oor 50km.
- 38. Dié rocker klim deur die toue teen Derick Hougaard (slegs van).
- 40. Internasionaal bekende spanningsverhaalskrywer sterf in Kaapstad.
- 41. Dié kerkman en menseregte-aktivis word 90 jaar oud (naam en van).
- 43. Mejuffrou Suid-Afrika 2021.
- 47. Dié geliefde dominee se lyk is in haar erf aangetref (naam en van).
- 48. Dié Springbok-speler word nie meer vervolg op klagte van aanranding nie (slegs naam).
- 49. Afrikaanse sanger in die ouderdom van 50 oorlede.
- 53. Duitsland se nuwe bondskanselier.
- 54. Blue Origin se mededinger wat deur Elon Musk besit word.
- 55. Suid-Afrika se nuwe minister van finansies (slegs voornaam)
- 56. Die aktrise in xx is op dié dorp gebore.