Kulturele rites
Across
- 3. In watter kultuur is dit ‘n ritueel om Henna op die bruid te verf?
- 5. Deur wie word ‘n Moslem troue geseën?
- 6. By ‘n Joodse begrafnis skeur die familielede hulle klere as blyk van hulle _______ .
- 12. Wat simboliseer ‘n vrou se wit rok by ‘n Christelike troue?
- 13. Na ‘n Christelike begrafnis se kerkdiens word die liggaam van die oorledene veras of ____________ .
- 15. By watter Hindoe seremonie bring die familielede en vriende geskenke en word daar rooi kleursel in die paadjie van die moeder geplaas.
- 16. Watter stadium in ‘n mens se lewe word verduidelik: ‘Word gehou om die begin van ‘n jong paartjie se lewe saam te vier.’
- 17. In die Afrika deurgangsrites word die ___________ en plasenta by ‘n baba se geboorte in die grond begrawe. Die plek is vir die res van die lewe ‘n spesiale plek vir die kind.
- 19. In wat word ‘n Moslem oorledene se liggaam toe gedraai?
- 20. Oorspronklik het hulle beeste gebruik om lobola te betaal, maar deesdae gebruik hulle _________ .
Down
- 1. Wie verwelkom Moslem babas in die wêreld?
- 2. Wat word die huweliksdak waaronder Jode hulle huwelik bevestig genoem?
- 4. Wat is ‘n simbool dat God jou sondes vergewe in ‘n Christelike doop?
- 7. Waar kondig ‘n Joodse pa aan dat sy dogter gebore is?
- 8. In watter kultuur dra die bruid en bruidegom pragtige syklere?
- 9. Wat beteken dit dat die Boeddhiste glo dat die liggaam weer in verskeie uiteenlopende liggame gebore word voordat die siel gemeenskap met god bereik.
- 10. Met ‘n Boeddhistiese geboorte berei die familielede ‘n _______ en klere vir die nuwe baba voor.
- 11. Wat noem mens die gebed wat by ‘n Hindoe begrafnis afgelê word?
- 14. Watter stadium in die lewe word verduidelik: ‘Die familie en vriende hou spesiale seremonies om die nuwe persoon/lewe in hulle midde te verwelkom.’
- 18. Met wat word die venster in ‘n Afrika kultuur bedek wanneer iemand sterf?