Les 20
Across
- 3. Dit was die laaste koning van die Suidryk gewees en hy het teen die koning van Babel gerebelleer (2 Kon. 24:20).
- 6. Die hoeveelheid stamme in die land Israel (Noordryk).
- 7. 'n Plek waar koning Jerobeam (Noordryk) 'n afgodstempel opgerig het.
- 9. Hierdie Bybelboek vertel hoe die oorblyfsel van die Noordryk en Suidryk later weer na die land Israel teruggekeer het.
- 11. God het nie 'n ________ koninkryk nodig nie.
- 12. 'n Kind van God staan in hierdie amp (diens) en moet dus oor die sonde heers.
- 15. Die hoeveelheid stamme in die land Juda (Suidryk).
- 19. Ongehoorsaamheid aan die Here het elke keer tot ________ gelei.
- 20. Israel (Noordryk) is grootlik deur hierdie afgodsdiens verlei.
- 21. Hierdie volk het Israel (Noordryk) ingeneem en hul in die jaar 722 v.C in ballingskap weggevoer.
- 24. Christus is ________. Jy kan weet dat Hy werklik gesterwe het.
Down
- 1. Die eintlike Koning van die volk Israel (Hebreërs).
- 2. Die mense wat nie in ballingskap na Assirië weggevoer was nie maar in Samaria in die Noordryk agtergebly het, het later met ander volke en godsdienste vermeng. Hulle het in die Nuwe-Testament as die ________ bekend gestaan.
- 4. Hierdie ryk het inbesonder die nagedagtenis van Dawid verteenwoordig.
- 5. Dit was die laaste koning van die Noordryk gewees.
- 7. Christus het Homself tot in die ________ verneder.
- 8. Die totale hoeveelheid konings in die land Israel (Noordryk).
- 10. Gehoorsaamheid aan die Here maak van jou 'n _______ teenoor jou medemens.
- 13. Hy was later uit die koningshuis van Dawid gebore en staan as die Seun van Dawid bekend (Matt. 1:1).
- 14. Juda (Suidryk) het ongeveer 350 jaar lank bestaan voordat hulle na ________ weggevoer is.
- 15. Die hoeveelheid dele wat die volk Israel na die tyd van koning Salomo geskeur het.
- 16. Die totale hoeveelheid konings in die land Juda (Suidryk).
- 17. 'n Kind van God staan in hierdie amp (diens) deur ander mense te help en barmhartigheid te bewys.
- 18. 'n Kind van God staan in hierdie amp (diens) deur 'n getuie (woord en daad) vir die Here te wees.
- 22. Elke koning het 'n eie unieke ________ gehad.
- 23. God voer sy ________ uit, ongeag gehoorsame of ongehoorsame mense.