Les 27
Across
- 3. Dit gaan na Christus toe die oomblik wanneer ek tot sterwe kom.
- 8. Die alwyse God is voordurend besig om sy kinders hiertoe te lei.
- 10. Dit beteken dat 'n kind van God ewige vreugde in sy of haar hart het.
- 13. Dit was gebou nog voordat die tempel geherbou is en die volk het daarop die daaglikse offers gedoen en die huttefees is gevier.
- 14. Dié Persiese koning het opdrag gegee dat die werk aan die tempel weer moet voortgaan.
- 16. Een van die profete wat gemotiveer het om die huis van die Here (tempel) te herbou.
- 17. Dié koning van die Persiese ryk het besluit om die Jode die geleentheid te gee om na hulle land terug te keer.
Down
- 1. Die ware tempel van God.
- 2. Die geestelike leier se taak is om die volk voor te gaan in hulle aanbidding en om as _______ van God se wil op te tree.
- 4. Hulle kon nie help met die heropbou van die tempel nie, omrede hul met die ander volke gemeng geraak het en sodoende ook hulle godsdiens.
- 5. Die volk se hele bestaan.
- 6. Dit het die volk onder andere geherbou toe hulle teruggekeer het na die beloofde land.
- 7. Koning Kores het die guns van al die volke se _______ gesoek, in die hoop dat hulle sy regering sal seën.
- 9. Dit kon nie tydens die ballingskap tydperk meer gevier word nie.
- 11. Nadat die eerste groep Jode die tempel herbou het, het dié persoon as geestelike leier na vore getree.
- 12. Die aantal jare wat die volk leierloos was na Serubbabel, tot en met die koms van Esra.
- 15. Die aanvoerder van die heropbou van die tempel.