Nuusblokraai 2025
Across
- 1. Dié siekte jaag vleispryse op.
- 6. Wilgenhof-manskoshuis se nuwe naam (sonder koppeltekens).
- 10. Die 14-jarige wat die jongste speler ooit geword het om ’n hondertal in die Indiese Premierliga aan te teken (van).
- 12. Dié Suid-Afrikaanse sopraan sterf in die ouderdom van 94.
- 14. Kelly Smith, Jacquin “Boeta” Appollis en Steveno van Rhyn is in die saak hoor haar (naam en van) verdwyning tot lewenslank gevonnis.
- 16. Dié ikoniese TV- en radio-omroeper met ’n loopbaan oor talle dekades heen sterf weens kanker.
- 17. Die ikoniese Amerikaanse akteur uit Butch Cassidy and the Sundance Kid en Out of Africa wat in die ouderdom van 89 in sy slaap gesterf het.
- 19. Die laaste oorblywende olifant in die Knysna-bos wat in die Karatara-gebied afgeneem is.
- 21. Hy wen die Dusi-kanomarathon.
- 23. Pres. Cyril Ramaphosa het dié minister op verlof geplaas.
- 25. Jacob Zuma besoek hierdie vermeende diamantbedrieër in die hof.
- 26. Die voornaam van Anthonie Bougas se ma.
- 31. Sy stap weg met die Fleur du Cap-toekenning vir beste produksie.
- 35. Hy vertrek as afrigter van die Blou Bulle.
- 36. Sy wen haar eerste Wimbledon-titel.
- 37. Brittanje het vanjaar die 7/7-bomaanvalle herdenk. Hoeveel jaar is dit sedert dit gebeur het?
- 38. Die eenheid in die presidensie wat struikelblokke vir ekonomiese groei moet takel.
- 39. Robert Francis Prevost is as die nuwe pous verkies. Watter naam neem hy aan?
- 41. Die aanbieder van Boer soek ’n vrou (voornaam).
- 42. Die Matie wat onskuldig bevind is aan crimen injuria en saakbeskadiging nadat hy op ’n koshuismaat se skootrekenaar geürineer het.
- 43. Sy plofbare bewerings oor polisiekorrupsie het aanleiding gegee tot die Madlanga-kommissie (van).
- 44. Dié land skenk ’n vliegtuig aan pres. Donald Trump om te dien as Air Force One.
- 48. Hy draf teen Italië vir die honderdste keer in die Springbokke se groen-en-goud uit.
- 49. Amerika van kernaanlegte in dié land aan.
- 50. Die baasbrein agter die moord op haar man, Taliep Petersen, wat weer parool geweier is.
- 52. ’n Storm woed om dié minister se kop oor X-inskrywings (toe nog twitter) waarin hy die k-woord gebruik het.
- 56. ’n Besoek van genl. Rudzani Maphwanya, die nasionale weermaghoof, aan dié land het Amerika ontstoke gehad.
- 57. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat uit Amerika geskop is.
- 61. Die kaptein van die “Vrouteas” wat in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië vasgeval het.
- 63. Protea-speler wat vir ’n maand geskors is weens die gebruik van ’n verbode middel (van).
- 64. Ná ’n val sterf dié akteur wat onder meer bekend was vir sy vertolking van Johann Vorster in Egoli.
- 66. Oud-Springbok wat in die ouderdom van 37 jaar aan ’n hartaanval oorlede is.
- 68. Dié Suid-Afrikaner wen die World’s Strongest Man-kompetisie in Kalifornië.
- 69. Hierdie bank bereik ’n mylpaal met meer as die helfte van die land se volwassenes as kliënte.
- 73. Dié lugdiens se vlerke word finaal geknip.
- 74. Hy wen weer goud by die Chelsea-blommeskou en word aangewys as Die Burger se Ambassadeur vir 2025.
- 75. Britse dramaturg sterf in die ouderdom van 88.
- 77. In watter Kaapse voorstad het Eben Etzebeth sy biografie, Ten Slotte, bekend gestel?
- 81. Die Johannesburgse prokureur wat deur sluipmoordenaars in sy firma se raadskamer doodgeskiet is.
- 82. Op dié krieketveld het die Proteas die Wêreldtoetskampioenskap gewen.
- 86. Dié voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf in die ouderdom van 64 jaar.
- 87. Die voormalige Daphne-klas duikboot wat nou as vlootmuseum dien.
- 89. Maties se nuwe rektor.
- 90. Hy hardloop die laaste been in die 4x100m-wedloop om goud vir Suid-Afrika in China te verower.
- 91. Die nuwe Suid-Afrika se eerste ambassadeur na Washington wat vanjaar oorlede is.
- 92. Dié dier, genaamd Alicia, het 38 000km van Gansbaai na Indonesië afgelê. Watter soort dier is sy?
- 93. Kaapstad-metro trek sy finansiële ondersteuning van dié padwedloop terug.
- 94. Pres. Cyril Ramaphosa gee dié ANC-minister die trekpas.
- 95. Dié Chinese e-handelsplatform vestig ’n pakhuis in Suid-Afrika.
- 96. Dié voormalige Springbok-flank en wynmaker van formaat sterf in die ouderdom van 80.
- 97. Die nuwe president van die Westelike Provinsie Rugbyunie (van).
- 98. Jacob Zuma se dogter wat as LP van die MKP bedank het (voornaam).
- 99. Tydens die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert in Kaapstad het dié sangeres haar laaste openbare optrede gedoen.
- 100. Die Burger se Sakeleier van die Jaar.
Down
- 2. Maties se 16de kanselier (van).
- 3. Dié dramaproduksie by die KKNK wen vyf Kanna-toekennings.
- 4. Old Mutual se nuwe uitvoerende hoof.
- 5. Hy teken die meeste lopies aan in die toernooi om die Kampioenetrofee (van).
- 7. Binnerym van bloed is ’n outobiografiese roman van dié skrywer.
- 8. Billy Ray Cyrus se romanse met hierdie aktrise en model wek opspraak (naam en van).
- 9. Die voornnaam van Siya Kolisi se nuwe vriendin.
- 11. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
- 13. Hy begin ’n nuwe visum-inisiatief om dit vir rolprentvervaardigers eenvoudiger te maak om in Suid-Afrika te skiet.
- 15. Die eerste pous uit Suid-Amerika sterf in die ouderdom van 88.
- 18. Palestynse skrywer wat die Pulitzerprys vir kommentaar gewen het (naam en van, 3 woorde).
- 20. Vryburger, hekelskrywer van Die Burger, verwys na hom as die ANC se Lord Milner weens sy afkeer in Afrikaans as onderrigtaal.
- 22. Hulle wen die die Varsity-beker.
- 24. Die stigterslid van die Beach Boys wat in die ouderdom van 82 oorlede is.
- 27. Hierdie onderneming van Anthonie Bougas is gesekwestreer.
- 28. Die sluipmoord op dié regse aktivis in Amerika het veral wit Suid-Afrikaners verdeeld gehad.
- 29. Die naam van Deon Meyer se nuwe boek.
- 30. Sy wen haar vierdie Comrades-titel.
- 32. Die vervaardiger van die Wêreldmotor van die Jaar.
- 33. Fikile Mbalula sê ANC-lede mag nie dié lied sing nie.
- 34. ’n Student van die Dagbreek-manskoshuis by Maties sterf aan dié siekte.
- 40. Hy ontneem Carlos Alcaraz van ’n driekuns in die Wimbledon-eindstryd.
- 45. Kaapse wynlandgoed wat vir R270 miljoen verkoop is.
- 46. Sarie-kosredakteur en aanbieder van Kokkedoor: Son & See.
- 47. Dié oudminister en ambassadeur in Frankryk is dood aangetref nadat hy van die 22ste vloer van ’n hotel in Parys geval het.
- 51. Profielskrywer van Die Burger wat vanjaar uitgetree het.
- 53. Amerika sê nee vir hom as spesiale gesant.
- 54. Die aanbieder van MegaBoere.
- 55. Dié internasionale jazzfees word aanstaande jaar in dié dorp aangebied.
- 58. Aangewys deur The World’s 50 Best Beaches as die 12de beste strand ter wêreld.
- 59. Die Blitsbokke wen die wêreldtitel in hierdie stad.
- 60. Hoeveel pogings het dit vanjaar geverg om die nasionale begroting deurgevoer te kry?
- 62. Die podsending wat ’n rasherrie veroorsaak het ná neerhalende opmerkings oor bruin mense.
- 65. Die Burger se langsdienende rubriekskrywer wat gesterf het ná ’n ernstige beroerte.
- 67. Die naam van die Amerikaanse lughawe waar die eerste groep van 49 Afrikaner-“vlugtelinge” geland het.
- 70. Hy wen die Britse Formule Een-Grand Prix.
- 71. Dricus du Plessis verloor sy titel teen hom (van).
- 72. Voorryman van die Stormers wat na 434 eersterangse wedstryde as speler uitgetree het.
- 76. Politikus wat skuldig bevind is aan ’n oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (van).
- 78. Barbie stel ’n pop bekend met dié siekte.
- 79. Die regisseur van die opera Die Barbier van Sevilla wat onder meer by die Woordfees op die planke was.
- 80. Die sakemagnaat wat pres. Cyril Ramaphosa na die Withuis vergesel het.
- 83. Dié Afrikaanse kunstefees vier sy kwarteeu.
- 84. Die naam van die Twee Oseane-akwarium se gewilde geelkuifpikkewyn wat weens ouderdom dood is.
- 85. Inwoners van dié Weskusdorp betoog oor eiendomspryse en gentrifikasie.
- 88. Die Gupta-familie se woonkompleks in dié Johannesburgse woonbuurt is vir R35 miljoen opgeveil.