Rigters 1-3
Across
- 1. Na die dood van Yahushua, het daar 'n ... opgestaan wat die werke van Yahweh nie geken het nie.
- 5. Hierdie stam moes eerste optrek teen die Kaänaniete, na Joshua se dood.
- 7. Die volk het die plek waar hulle hul stem verhef en ge... het, Bogiem genoem.
- 9. Die rigter Egud word veral onthou vanweë sy baie besonderse ...
- 10. In sommige kringe het Jerigo as die ... bekend gestaan.
- 12. Een van die redes waarom Yahweh volke in die land laat oorbly was om vir sy eie volk hierdie kuns te leer.
- 13. Die groep manne wat Yahweh verwek het om die volk te verlos uit die hand van hulle berowers.
Down
- 2. Yehudah het die berge in besit geneem het; maar die bewoners van die ... kon hy nie verdryf nie.
- 3. Die aantal jare wat die volk gerus het ná die oorwinnings van Otniël.
- 4. Hierdie bekende plek se naam beteken "huis van Elohiem" en is deur die stam van Yosef ingeneem.
- 6. Die moderne naam van die stad wat voorheen Kieryat-Arba en Gevron genoem is.
- 8. Sommige stamme het teen Yahweh gesondig omdat hulle die inwoners van die stede wat hulle verslaan het, nie ... het nie.
- 11. Wat Kalev belowe het aan die een wat Kieryat-Sefer verslaan en dit inneem.