Across
- 1. Die wet wat "regstellende aksie" (Affirmative Action) gebruik om onbillike diskriminasie van die verlede reg te stel.
- 3. Die tipe verlof wat 'n sjef kan neem as hy 'n mediese sertifikaat het en te ongesteld is om te werk.
- 8. Die tipe verlof waarop 'n kelnerin geregtig is vir ten minste vier agtereenvolgende maande.
- 9. Die oriënteringsproses waar 'n nuwe restaurantwerknemer leer waar die kombuis en nooduitgange is om stres te verminder.
- 12. Die dokument wat die "Handves van Menseregte" bevat en die hoeksteen van demokrasie in die werkplek is.
- 13. Die wet (afkorting) wat die reg op kollektiewe bedinging en die reg om te staak beskerm.
Down
- 1. Hierdie wet (afkorting) bepaal dat 'n kelner nie meer as 45 uur per week mag werk nie.
- 2. Hierdie wet fokus op die vyf pilare van ekonomiese transformasie, insluitend swart eienaarskap en bestuur.
- 4. Die formele gesprek tydens die keuringsproses waar die eienaar vrae vra om die kandidaat se geskiktheid te toets.
- 5. Die instansie waarheen 'n kelner kan gaan vir bemiddeling as hy voel sy ontslag was onbillik.
- 6. 'n Heffing van 1% wat restaurante aan die SAID betaal om opleiding te finansier
- 7. Die afkorting vir die vergoedingstruktuur waar die werknemer self alle aftrekkings uit 'n totale pakket moet bestuur.
- 10. Die organisasie (afkorting) wat sektorspesifieke opleiding in die gasvryheidsbedryf monitor en befonds.
- 11. Die dokument wat 'n kelner se daaglikse take en verantwoordelikhede, soos die dek van tafels, lys.
