Across
- 1. Grahamstad se nuwe naam.
- 6. Die vermoorde Matie sou vanjaar 40 jaar oud gewees het. Haar vriend is vervolg maar vrygespreek.
- 7. Eertydse uitvoerende hoof van Media24 en redakteur van Beeld sterf.
- 9. Voornaam van die voormalige president van die WP Rugbyunie wie se doppie SARU geklink het.
- 11. Die aktrise wat die rol van prinses Diana in die vyfde seisoen van The Crown vertolk.
- 13. Aktrise wat bekendheid verwerf het as Rebecca Howe van Cheers sterf.
- 17. Aanklagte van growwe wangedrag en beweerde rassisme word teruggetrek teen dié afrigter van die Protea-krieketspan.
- 18. Voormalige spioenbaas wat die Phala Phala-bewerings op die lappe gebring het.
- 19. Hy wen Wimbledon (slegs voornaam).
- 21. Brande woed vanjaar hier en dis 35 jaar nadat dié gelyknamige vliegtuig neergestort het.
- 23. By dié myndorp het 'n slikdam meegegee.
- 24. Die wenner teen die Bulls in die finaal van die Verenigde Rugbykampioenskap.
- 26. Dié teaterlegende word 90 jaar oud.
- 29. Pres. Cyril Ramaphosa het só oud geword.
- 30. Twitter-personeel moet hulle gereed maak vir werksweke van soveel ure, het Elon Musk gewaarsku.
- 33. Oudpres. Jacob Zuma het só oud geword.
- 35. Dié universiteit klop Maties in die eindstryd van die Varsitybeker-rugbyreeks.
- 36. Mej. SA 2022.
- 37. Die ANC skop dié oud-dominee en ondersteuner van Jacob Zuma uit (slegs van).
- 39. Dié Suid-Afrikaanse krieketkaptein is 20 jaar gelede oorlede.
- 40. Vroulike hoofrolspeler (voornaam) van ‘Grease’ sterf in die ouderdom van 73.
- 43. Die werklike voornaam van Kiki La Coco.
- 44. Dié 48-jarige Oscar-bekroonde aktrise het bekend gemaak sy is swanger met ’n tweeling?
- 47. Dié aktrise (96) wat veral bekend is vir haar rol in die TV-reeks Murder, She Wrote is oorlede (slegs van).
- 48. Phala Phala is in dié provinsie.
- 49. Voornaam van oud-Springbok en Blou Bul-speler wat in ’n motorongeluk in die VSA gesterf het.
- 51. Ouers en kinders het gejuig toe Covid-19 regulasies opgehef is om dít weer toe te laat.
- 53. Sy het ná die afsterwe van koningin Elizabeth die eerste foto’s van haar geliefde corgi’s op sosiale media gedeel.
- 54. Sy diamantskema was toe minder as skitterend (slegs van).
- 55. Die vervaardiging van dié koeldrank word ná byna 60 jaar in Suid-Afrika gestaak.
- 57. Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is hier gespeel.
- 61. Dié doyenne van SA opera word 90 jaar oud.
- 64. Dié apteekgroep ontlok ’n herrie oor sy aanstellingsbeleid.
- 67. Suid-Afrika se nuwe hoofregter.
- 70. Dié regter (slegs van) se verslag oor rassisme by Maties ontketen ’n fel openbare debat.
- 71. Duisende krewe spoel tydens rooigety by hierdie Weskusdorp uit.
- 74. Die Spesiale Ondersoekeenheid bevind die grootste gekonkel met Covid-19-tenders was in dié provinsie.
- 75. Sy (voornaam) wen silwer in die 100m-borsslag by die Statebondspele.
- 77. Die bynaam van Steve Hofmeyr se broer Johann, wat vanjaar gesterf het.
- 79. Dié kunstefees hervat ná twee jaar van inperking.
- 81. Vloede in dié provinsie eise die lewens van honderde mense.
- 84. Die Afrikaanse Taalmonument het só oud geword.
- 85. Dié Suid-Afrikaanse vrou wat aanvanklik ter dood veroordeel is in 'n dwelmsaak sit nou lewenslank in 'n Thaise tronk (slegs voornaam).
- 86. President Cyril Ramaphosa is hier van die verhoog af geskree deur ontevrede mynwerkers.
- 89. Bok-rugbyspeler het raak verloof aan sy vriendin, Miné van Niekerk.
- 90. Dié ruimteteleskoop maak nuwe wetenskaplike wêrelde oop.
- 91. ’n Biografie oor dié kleurryke Shoprite-sakereus (slegs voornaam) word deur Tafelberg uitgegee.
- 94. Die popsangeres wat mense se oë laat rek het toe sy naakfoto’s van haarself op haar Instagram-profiel gepubliseer het.
- 96. Volgens haar (slegs voornaam) is daar nog net 44 Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika oor.
- 98. Dié lugdiensmaatskappy word gelikwideer.
- 101. Wie het die saak aanhangig gemaak waarin die gelykheidshof bevind het die lied “Kill the Boer” is nie haatspraak nie?
- 102. Koningin Elizabeth II is hier oorlede.
- 104. Sy wen goud in die 100m-borsslag by die Statebondspele.
- 105. 21 jongmense is by dié Oos-Kaapse taverne dood.
- 106. Die Gupta-broers in hier aangekeer.
- 107. Dié aktrise kry die Fleur De Cap Toekenning vir lewenslange prestasie.
- 108. Die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne het die prys van dié basiese lewensmiddel skerp opgejaag.
- 109. Die Burger vereer dié familie wat diep spore in die sakewêreld en die politiek getrap het as Sakeleier van die Jaar (slegs van).
- 111. Dié politikus het na sy eksvrou as “roadkill” verwys (slegs van).
- 112. Hy wen die Britse Ope-gholftoernooi.
- 113. Pres. Cyril Ramaphosa skors hom as regter-president van die Wes-Kaap.
- 114. Die kampioen van vanjaar se Formule Een-seisoen (slegs van).
- 115. Nasionale polisiehoof wat sy pos in Maart verlaat het.
Down
- 2. Athol Trollip, voormalige DA-voorsitter sluit by dié party aan.
- 3. Dié Switserse tennisspeler (slegs van) kondig sy uittrede aan.
- 4. Dié Suid-Afrikaanse Country-sanger sterf.
- 5. Die Springbokke se losskakel wat in omstredenheid gedompel is weens loskop-gedrag.
- 8. Dié ster van ‘Goodfella’s sterf in die ouderdom van 67.
- 10. Sy was die eerste vrou op Suid-Afrikaanse TV en het vanjaar sewentig jaar oud geword.
- 12. Dié fliek met Tom Cruise vlieg hoog by die loket.
- 14. Die Eskom-baas wat bedank het.
- 15. Die minister wat in die spervuur was oor ’n omstrede vlagmonument van R22,5 miljoen.
- 16. As Britse premier had Liz Truss die rakleeftyd van dié kossoort.
- 20. Dié omstrede makelaar en stigter van HGG Finansiële Dienste neem sy eie lewe op Grottostrand by Hermanus.
- 22. Die aktrise Franci Swanepoel is hieraan oorlede.
- 25. Dié SA krieketskeidsregter sterf in ’n motorongeluk naby Stilbaai.
- 27. Dié bekende ekonoom sterf ná ’n kort siekbed.
- 28. Voorgestelde wysigings hieraan kan die taal- en toelatingsbeleid van skole beïnvloed.
- 31. Wêreldleiers vergader hier vir die 17de byeenkoms van die G20.
- 32. Die Britse premier.
- 33. Oudpres. Thabo Mbeki het só oud geword.
- 34. Dié supermodel getuig in die hofsaak tussen Johnny Depp en Amber Heard.
- 35. Dié fabrikaat se Cross is die motor van die jaar.
- 38. Hierdie Suid-Afrikaanse sakeman word in 'n Duitse hof vervolg.
- 41. Dié Suid-Afrikaanse woonbuurt is deur TimeOut as een van die “coolste” plekke in 2022 bestempel.
- 42. Eben Etzebeth raak verloof aan haar (net voornaam).
- 45. 'n Handelsmerk vissmeer wat van die mark onttrek is.
- 46. Die Burger se vierde spotprentkunstenaar.
- 50. Dié legendariese spotprentkunstenaar van Die Burger sterf.
- 52. Suid-Afrikaanse akteur (68), besig met die verfilming van die tweede reeks van ‘Lui maar op, Belinda’, sterf.
- 56. Ná 20 jaar sê Apple totsiens vir dié produk.
- 58. In sy toetsdebuut vir die Springbokke druk dié Paarliet ‘n drie teen die Wallabies.
- 59. Will Smith klap hom by die Oscars.
- 60. Dié maatskappy is as SA se waardevolste handelsnaam vir 2022 aangewys.
- 62. Hy speel sy 100ste toets in die Bok-trui.
- 63. Hy beweer Eskom wil die staat omverwerp (slegs voornaam).
- 65. Die DA-burgemeester van Johannesburg wat weer in die amp is ná ’n hofoorwinning.
- 66. dié kusdorp is ’n vrou dood nadat 'n haai haar aangeval het.
- 68. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het dié siekte tot 'n wêreldwye gesondheidsnoodgeval verklaar.
- 69. ’n Bekende Kaapse skool is die onderwerp van ’n geskil in die hooggeregshof.
- 72. SA se nuwe nasionale polisiehoof.
- 73. 'n Dogter van dié oudpresident van SA sterf in 'n motorongeluk.
- 76. Dié bekende Afrikaanse TV-aanbieder is in sy slaap oorlede.
- 78. Die nuwe man in die sangeres en aktrise Amor Vittone se lewe is só ’n chirurg.
- 80. ’n Voormalige Eskom-hoof (slegs van) verskyn in die hof op aanklagte van bedrog en geldwassery.
- 82. Dié bekende omroeper verlaat RSG.
- 83. 'n 18-jarige model sterf in 'n tref-en-trap voor dié Kaapse kuierplek
- 87. Die blaam vir die gemors met rybewyse word op dié minister se brood gesmeer.
- 88. Die eggenoot van een van die deelnemers aan Die Real Housewives van Pretoria wat in die hof verskyn het op meer as 200 klagte teen hom.
- 90. Die hoofsaal van die UWK word na dié eertydse vertoueling van Madiba vernoem.
- 92. Die koshuis waar ’n wit student op ’n swart kamermaat se skootrekenaar geürineer het.
- 93. Die brug tussen Rusland en dié skiereiland is opgeblaas.
- 95. Dié Bekende wêreldleier uit die Koue Oorlog is op 30 Augustus oorlede (slegs van).
- 97. Sy mag nie erf of voordeel trek uit haar vermoorde man se boedel nie (voornaam).
- 99. Dié Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid word die trekpas gegee weens wangedrag.
- 100. Sy laaste verslag beslaan 1800 bladsye.
- 102. Skiet eers en vra later vrae, sê dié minister.
- 103. Dié vak in vanjaar se matriekeindeksamen het ’n fout in die vraestel gehad.
- 110. Netwerk24 het só oud geword.
