Across
- 1. Die eerste Mej. SA met 'n gehoorgestremdheid.
- 4. Die fiksieboek wat die Pulitzer-prys gewen het.
- 5. Hy wen die Meesterstoernooi vir die tweede keer.
- 9. 'n Amerikaanse popster se vrou, Hayley, gee geboorte aan hul eersteling.
- 13. Hy kry 'n ere-doktorsgraad van die NWU.
- 16. Die springbokspeler het 'n eersteling gehad.
- 21. Hulle eindig derde in die 2023 Afrikabeker.
- 22. Boere takel mekaar in die kryt op hierdie realiteitsreeks.
- 25. Maties se 13de rektor en prof. Wim de Villiers se opvolger (voornaam).
- 26. Sy maak wêreldwyd opspraak met "The Tortured Poets Department".
- 28. Die Internasionale Strafhof in Den Haag reik 'n lasbrief vir sy inhegtenisname uit (van).
- 29. Hierdie voormalige president van die Reserwebank en minister van finansies sterf (voornaam).
- 31. Die skepper van die Suid-Afrikaanse uitstalling by die Chelsea-blommeskou.
- 32. Hierdie Amerikaanse filmregisseur ontvang die Palme d’Or by vanjaar se Cannes-filmfees vir sy rolprent Anora.
- 34. Hierdie Suid-Afrikaanse digter en skrywer sterf in Parys (voornaam).
- 35. Die regter-president van die Wes-Kaap wat deur die parlement van sy amp onthef is.
- 36. Minstens 90 mense is dood in 'n Israeliese aanval op hierdie kamp in die suide van Gasa.
- 37. 'n Suid-Afrikaner, oorspronklik van Pretoria, word as die nuwe Mej. Nieu-Seeland aangewys.
- 39. Altesame 34 mense sterf toe 'n gebou op 'n konstruksieterrein hier intuimel.
- 40. Julius Malema se politieke "broer" wat die EFF vir die MKP verlaat het (voornaam).
- 43. 'n Kaapse ikoon kry sy 31 miljoenste besoeker.
- 44. Hierdie veteraan-joernalis en geliefde rubriekskrywer sterf nadat sy by die Woordfees geval het (voornaam).
- 45. Hierdie voormalige Zimbabwiese krieketspeler is deur sy hond, Chikara, gered tydens 'n luiperdaanval (voornaam).
- 49. Hy klop Sean Strickland in die UFC-hoofgeveg in Toronto.
- 51. Die minister van sport, kuns en kultuur word in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld aanvaar het (van).
- 52. Die Proteas verloor teen hierdie span in die eindstryd van die T20-krieketwêreldbeker.
- 55. Die skilder met 'n krulstert sterf weens artritis.
- 57. Die Gautengse premier was in die middel van 'n politiek breekspul in Tshwane (voornaam).
- 59. Die grootste demokratiese verkiesing ter wêreld het vanjaar in hierdie land plaasgevind.
- 61. Die geheime strafkomitee by Wilgenhof.
- 62. Die jongste Suid-Afrikaanse kunstenaar tot nog toe wat 'n Grammy-toekenning gewen het.
- 63. Die stigter van die Rhema-Bybelkerk sterf.
- 66. Die vervaardiger van die Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar.
- 68. Sy is dood by die Hoërskool Overberg in Caledon aangetref.
- 69. Die brandewynvervaardiger wat met 'n gesogte internasionale toekenning vereer is.
- 71. Hy maak geskiedenis deur SA se eerste olimpiese medalje vir bergfietsry in te palm (van).
- 72. Na 'n triomf by die Chelsea-blommeskou kry die Suid-Afrikaanse uitstalling staanplek by die Overbergse dorp.
- 75. Hierdie wynlandgoed buite Hermanus kry erkenning as een van die beste drie ter wêreld.
- 77. Hierdie vermeende figuur in die Kaapse onderwêreld is by die Garden Route Mall doodgeskiet (van).
- 81. Die diep stem van hierdie Amerikaanse akteur word stil.
- 82. Sy wen goud in die 100m-borsslag tydens die Olimpiese Spele.
- 83. Op die 29ste van hierdie maand vind die algemene verkiesing plaas.
- 84. Die minister van landbou in die RNE (van).
- 85. Die gr.1 leerling van Diazville in Saldanha wat verdwyn het.
- 86. Hierdie party word die amptelike opposisie in die parlement.
- 88. 'n Bekende by sportwedstryde wat aan haar Franse kêreld verloof geraak het.
- 89. Die land se hoogste hof verbied hom om in die parlement te dien.
- 91. Die vrou van hierdie politikus moes 'n diamant van Louis Liebenberg teruggee (van).
- 93. Kamala Harris vervang hom as die Demokratiese Party se presidentskandidaat in die Amerikaanse verkiesing.
- 95. Verkiesingsonrus breek in hierdie buurland uit.
- 97. Suid-Afrika se hoofregter wat afgetree het.
- 99. Die plek in Hermanus waar Markus Jooste sy eie lewe geneem het.
- 100. Hy kondig op sosiale media aan hy en sy vrou, Mica, gaan skei.
Down
- 2. Hy word op parool vrygelaat 11 jaar nadat hy sy meisie doodgeskiet het.
- 3. In watter stad het die Olimpiese Somerspele in 2024 plaasgevind?
- 6. Hierdie voormalige Suid-Afrikaner was 'n sleutebondgenoot van pres. Donald Trump in sy verkiesingsveldtog.
- 7. Hy kondig aan hy verlaat die wêreld van rofstoei.
- 8. 'n Voormalige minister van finansies sterf.
- 10. Elf mense sterf nadat twee tornado’s hierdie provinsie tref.
- 11. Die redakteur van Volksblad sterf.
- 12. Pantone se kleur van die jaar.
- 14. Hierdie adjunkpresident van Malawi sterf in 'n vliegongeluk.
- 15. 'n Jong vrou beweer sy is deur 'n welgestelde egpaar van hierdie dorp as "seksslaaf" aangehou.
- 17. John J. Hopfield en Geoffrey E. Hinton wen die Nobelprys vir fisika vir hul navorsing hieroor.
- 18. Miljoene rande word bestee op luukse kantore van hierdie hulpskema wat leeg staan (afkorting).
- 19. Twee aktiviste is tronk toe omdat hulle hierdie vloeistof of Van Gogh se "Sonneblomme" uitgegooi het.
- 20. Hierdie voormalige hoogspring-wêreldkampioen is in Pretoria vermoor (van).
- 23. Hierdie onderwyswet (afkorting) maak Afrikaanse ouers en beheerliggame die josie in.
- 24. Die afsny van kos en water van onwettige goudmyners by hierdie myn word wêreldnuus.
- 27. Siya Kolisi en sy skei.
- 30. 'n Voormalige Mej. Suid-Afrika wat verloof geraak het aan Enrico Vermaak.
- 33. Pres. Cyril Ramaphosa vergelyk die beplande nasionale gesondheidsversekering met hierdie motor.
- 38. Hy wen die Grand Prix in Bahrein.
- 39. Sy word die nuwe minister van basiese onderrig (van).
- 41. Sy word 18 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op haar drie dogters in Timaru, Nieu-Seeland.
- 42. Nieu-Seeland het die T20-wêreldbeker vir vroue gewen. Teen wie het hulle in die finaal gespeel?
- 46. Hierdie liggaamsdeel word wêreldnuus toe 'n sluipskutter dit raakskiet.
- 47. 'n Massiewe aardbewing tref hierdie land op Nuwejaarsdag.
- 48. Hierdie minister was in warm water en is herontplooi oor haar "koffie-kapitaal" (van).
- 50. Die 22-jarige losskakel van die Springbokke (voornaam).
- 53. Hy maak 'n einde aan "superfans" by internasionale sportwedstryde (voornaam).
- 54. John Steenhuisen se masjiengeweerswaaiende kantoorhoof (van).
- 56. Die aanvraag na hierdie middel teen diabetes bereik 'n hoogtepunt.
- 58. 'n Portugese sokkerster bereik 1 miljard volgelinge op sosialemediaplatforms.
- 60. Hierdie gewilde ontbytpap gaan nie meer vervaardig word nie.
- 64. Hierdie Suid-Afrikaanse koslegende sterf in die ouderdom van 82.
- 65. Hierdie buurland kry sy eerste vroulike president.
- 67. Reusagtige kat-beeldhouwerke deur hierdie SA-keramiekkunstenaar pronk op die loopplank in Parys tydens Dior se modeparade.
- 70. Die Afrikaanse reeks "Nêrens Noord-Kaap" speel hier af.
- 73. Hierdie digter kry 'n ere-doktersgraad van UP.
- 74. Beste rolprent by die Oscars.
- 76. Die skaap wat Pigcasso opgevolg het as SA se voorste skilder-dier.
- 78. Hierdie boorling van Bothaville word die eerste vrou wat die Comrades op-wedloop onder 5 uur 50 minute voltooi (voornaam).
- 79. Hy word uitgedwing as burgemeester van Tshwane (van).
- 80. Hierdie voormalige president van WP Rugby word vir 10 jaar van alle vorme van rugby geskors (voornaam).
- 84. Hy het as hoof van die kieskommissie aan die stuur van die algemene verkiesing gestaan.
- 87. Mike Tyson verloor 'n boksgeveg teen hierdie Amerikaanse smaakmaker.
- 90. Hierdie speaker word aangekla van korrupsie (voornaam).
- 92. Meer as 62 000 vierkante kilometer se woud het hier afgebrand.
- 94. Ses leerlinge van die Hoërskool Riebeeckstrand sterf in 'n busongeluk naby hierdie dorp.
- 96. Hierdie Afrikaanse dagblad word 50 jaar oud.
- 98. Vrou van die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg.
