Across
- 3. Josef was aan hierdie vrou verloof en sy was swanger.
- 6. Terwyl Josef en Maria daar was, is die dae vervul wat sy moes ___.
- 7. En die herders het teruggegaan en God ___ en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
- 8. Die stad van Dawid
- 13. Die engel sê vir hulle: Moenie ___ nie.
- 14. Keiser Augustus het bevel gegee dat die hele wêreld ingeskryf moet word.
- 15. en toe hulle dit gesien het, het hulle ___ die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.
- 17. Die ___ van die Here het rondom hulle geskyn toe die Engel van die Here by hulle kom staan.
- 18. En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse ___ wat God prys.
- 21. Maria het haar Seun toegedraai in ___.
- 22. Vandag in die stad van Dawid gebore is die ____ wat Christus, die Here is.
- 23. Josef is uit die huis en geslag van ___.
- 24. Daar het 'n bevel uitgegaan vanaf hierdie keiser dat die hele wêreld ingeskryf moet word.
Down
- 1. Hy was die goewerneur van Sirië toe die eerste inskrywing plaasgevind het.
- 2. Daar was vir hulle geen plek hier nie.
- 4. En dit is vir julle 'n teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die __ lê.
- 5. Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mens 'n ___.
- 9. Hulle het in die oop veld gebly en in die nag skape opgepas.
- 10. Elkeen moes na sy eie __ gaan om ingeskryf te word.
- 11. Cirenius was goewerneur van hierdie land.
- 12. Want ek bring vir julle 'n _____ ____ (skryf aaneen) van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.
- 13. En almal wat dit gehoor het, was ___ oor wat deur die herders aan hulle vertel is.
- 16. Josef het VANAF Nasaret in ___ gegaan.
- 19. Josef het NA Betlehem in ___ gegaan.
- 20. Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar ___ oordink.
