Jaaroorsig2021

1234567891011121314151617181920212223242526272829303132333435363738394041424344454647484950515253545556575859
Across
  1. 6. Jacob Zuma word dít toegestaan en vrygelaat.
  2. 8. Dié Fidentia-bedrieër word op parool vrygelaat (slegs van).
  3. 9. 'n Brand rig ernstige skade by dié Kaapse onderriginsteling aan.
  4. 11. Bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger word 70 (slegs van).
  5. 12. Dié 37-jarige Springbok kondig sy uittrede uit internasionale rugby aan.
  6. 13. Die sakemagnaat Christo Wiese eis dié wynlandgoed terug van Markus Jooste.
  7. 14. Dié akteur neem die laaste keer die rol van James Bond op.
  8. 17. Die omikron-variant stam uit dié alfabet.
  9. 18. Dié Afrikaanse aktrise bekend vir haar rol in 'Fiela se kind' is in die ouderdom van 66 oorlede.
  10. 20. Suid-Aafrikaanse akteur sterf weens Covid-19.
  11. 24. Plundery in dié provinsie veroorsaak 'n nasionale krisis.
  12. 27. Prins Philip se van.
  13. 28. Die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou'.
  14. 30. Prins Harry en Meghan staan 'n onderhoud toe aan dié aanbieder van 'n TV-geselsprogram.
  15. 31. In Oktober was dié sosiale netwerk en sy filiale soos Messenger, Instagram en WhatsApp vir sowat 7 ure onbeskikbaar.
  16. 32. Dié jaarlikse fuifparty vir matrieks word gekanselleer weens Covid-19.
  17. 33. Kwêla se 'Dorp van die Jaar'.
  18. 34. Dié regter word skuldig bevind aan wangedrag (naam en van).
  19. 36. Bianca Buitendag het 'n olimpiese silwermedalje verower. Van watter Suid-Kaapse kusdorp kom sy vandaan?
  20. 39. 'n Grootskeepse soektog is geloods na 'n aantal nylkrokodille in dié rivier ontsnap het.
  21. 42. Dis vanjaar 'n eeu sedert die Springbokke se eerste toets teen dié span.
  22. 44. 'n Twis woed om die kop van dié WP-rugbybaas en dit gaan onder meer oor geld (slegs voornaam).
  23. 45. Hy (sien xx) volg haar op.
  24. 46. Dié akteur van die TV-reeks 'Star Trek' onderneem 'n ruimtevlug aanboord Jeff Bezos se Blue Origin.
  25. 50. Prins Philip sterf in dié ouderdom (met koppeltekens).
  26. 51. Die verandering van dié skoolnaam veroorsaak omstredenheid.
  27. 52. Dié vorm van politieke samewerking was in talle munisipaliteite nodig nadat geen party 'n volstrekte meerderheid kom behaal nie (meervoud).
  28. 56. Die konstitusionele hof bevind dié universiteit se taalbeleid is ongrondwetlik.
  29. 57. Dié voormalige hoofsektretaris van die ANC word geskors (slegs van).
  30. 58. Die nuwe burgemeester van Kaapstad (slegs voornaam).
  31. 59. Oudstaatshoof se weduwee (slegs van).
Down
  1. 1. Dié legende in die Suid-Afrikaanse wynbedryf is in ouderdom van 81 oorlede.
  2. 2. Rassie Erasmus was in warm water oor 'n twiet waarin twee diere verskyn. Die een was 'n tier, maar wat was die ander?
  3. 3. Dié Protea-krieketspeler was in 'n hêrrie nadat hy aanvanklik geweier het om te kniel.
  4. 4. SA se nuwe minister van gesondheid.
  5. 5. Dié Eskom-baas se kop word geëis oor 'n nuwe vlaag beurtkrag (slegs sy van).
  6. 7. Die skuld vir 'n vlaag beurtkrag wat by vlak 6 gehuiwer het, is op dié misdaad gepak.
  7. 10. Hy wen die Franse ope (slegs van).
  8. 15. Jacob Zuma is in die tronk op dié dorp aangehou.
  9. 16. Tatjana Schoenmaker verower die olimpiese goue en silwer medaljes in die slag.
  10. 19. Bobbejaanmannetjie wat onder omstredenheid doodgemaak is.
  11. 21. 'n ANC-LP wat vanjaar oorlede is.
  12. 22. Voormalige Zambiese staatshoof sterf in die ouderdom van 87.
  13. 23. Bekende hartchirurg word in omstredenheid gehul oor haar uitlatings oor Covid-19.
  14. 25. Dié akteur wat vanjaar oorlede is, het sy fliekdebuut in 'Seun van die wildtemmer' gemaak (naam en van).
  15. 26. Interpol se hulp word gevra om drie broers met dié van op te spoor.
  16. 29. Voormalige Suid-Afrikaanse staatshoof sterf (volle name).
  17. 35. Dié skepper van 'Egoli: plek van goud' is vanjaar oorlede.
  18. 37. SA marathonatleet word die nuwe wêreldrekordhouer oor 50km.
  19. 38. Dié rocker klim deur die toue teen Derick Hougaard (slegs van).
  20. 40. Internasionaal bekende spanningsverhaalskrywer sterf in Kaapstad.
  21. 41. Dié kerkman en menseregte-aktivis word 90 jaar oud (naam en van).
  22. 43. Mejuffrou Suid-Afrika 2021.
  23. 47. Dié geliefde dominee se lyk is in haar erf aangetref (naam en van).
  24. 48. Dié Springbok-speler word nie meer vervolg op klagte van aanranding nie (slegs naam).
  25. 49. Afrikaanse sanger in die ouderdom van 50 oorlede.
  26. 53. Duitsland se nuwe bondskanselier.
  27. 54. Blue Origin se mededinger wat deur Elon Musk besit word.
  28. 55. Suid-Afrika se nuwe minister van finansies (slegs voornaam)
  29. 56. Die aktrise in xx is op dié dorp gebore.