Across
- 1. Die swak openbare beskermer wat uitgeskop is (naam).
- 6. Oudminister van minerale en energie sterf (naam).
- 11. Professor bekend as "Yebo, gogo!" is oorlede.
- 13. Sy verpletter Frith van der Merwe se rekord in die Comrades.
- 14. Die dier wat die lewe van 'n groen speurder in die Krugerwildtuin geëis het.
- 16. Hy het na bewering die parlement afgebrand.
- 19. Die gekaapte gebou in die Johannesburgse brandramp was hier gelee.
- 20. Die nuwe Mej. Suid-Afrika (naam).
- 22. 'n Wetsontwerp wat skoolbeheerliggame se magte sal stroop (afkorting).
- 24. Die wet wat voorsiening maak vir 'n strafpuntstelsel vir verkeersoortredings (afkorting).
- 27. Ramaphosa was in 'n missieldrama in hierdie stad.
- 29. Oorlede joernalis wie se memoir heet Jani Confidential.
- 30. Thabo Mbeki se voormalige regterhand sterf.
- 32. Sy adellike besoek aan die Matie-koor maak opslae.
- 36. Toeriste moes vlug voor brande in hierdie Limpopo-reservaat.
- 37. Die nuwe voorsitter van die US-konvokasie.
- 38. 'n Sakemagnaat wat sy stem dik gemaak het teen adv. Jan Heunis SC.
- 43. 'n Party wat 10 jaar oud geword het.
- 45. Ramaphosa trek sy nasionale orde terug.
- 46. Die maatskappy wat Louis Liebenberg bedryf.
- 48. 'n Mayonaisse wat van die rakke verdwyn en weer terugkeer.
- 50. Nommer 33 wat op Stellenbosch getroud is.
- 54. Formule 1 in Suid-Afrika kry die rooi vlag weens bande met hierdie land.
- 55. Vier Bulgare sterf in 'n skietery in hierdie spogbuurt.
- 58. Die regering roep sy diplomate terug uit dié land.
- 61. Die bikini-barbier laat die hare op hierdie Weskus-dorp waai.
- 62. Oud-Bok wat Nuweland erfenis-status wou gee (van).
- 63. Minister van vervoer wat saam met haar lyfwagte op 'n hoofweg beroof is (naam).
- 64. Sy hart spring soos sy van toe sy geliefde die ja-woord gee.
- 65. Voormalige SAL-hoof in hegtenis op aanklag van korrupsie en bedrog.
- 66. Hierdie kaartmannetjie word uit die ANC geskop.
- 67. Die wenner van die W^ereld-brandewynprys.
- 69. Operaster wat sangtalent in Kaapstad soek (van).
- 70. Sy wen goud in die 200m-borsslag in Fukuoka (voornaam).
- 73. Die Wilcocks-gebou by Maties is na haar hernoem.
- 78. Sanger bekend as "Sugar Man" sterf.
- 80. Die ANC stuit die balju toe hy hier wou toeslaan.
- 81. In dié boek maak Bennie Griessel en Vaughn Cupido hul jongste verskyning.
- 82. Veroordeel vir die moord op haar drie kinders (van).
Down
- 2. Die vuurpyl waarmee SpaceX se Starship gelanseer is.
- 3. Oud-Bok oorlede in 'n gru-ongeluk.
- 4. Die voormalige skoonheidskoningin was betrokke in 'n botsing met 'n kreeflorrie.
- 5. Bekende eetplek aan die Weskus word deur 'n brand in puin gelê.
- 7. Suid-Afrikaanse minister in 'n twis ná 'n telefoongesprek met Hamas.
- 8. Die Burger se sakeleier van die jaar (van).
- 9. 'n Wêreld-erfenisgebied wat deur 'n misdaadvlaag geteister word.
- 10. By hierdie kusdorp aan die Tuinroete eis 'n frats-brander 'n oud-onderwyseres.
- 12. Hierdie maatskappy was in 'n storm oor 'n kranslegging vir Wolraad Woltemade.
- 15. Britse speler in die sop oor sy lakwerk (naam).
- 17. 'n Staking in hierdie bedryf bring Kaapstad tot stilstand.
- 18. Die nuwe Eskom-ruiter.
- 21. Met die vorige Wêreldbeker was hierdie Bok nog op skool (voornaam).
- 23. TV-kommentator wat voorspel het dat die Bokke die Wêreldbeker sal wen.
- 25. Andre de Ruyter se boek.
- 26. Hierdie premier waarsku dat pres. Vladimir Poetin van Rusland in die Wes-Kaap in hegtenis geneem sal word.
- 28. Sy wen die Ingrid Jonker-prys.
- 31. Die nuwe openbare beskermer (van).
- 33. PetroSA vat hande met hierdie Russiese maatskappy.
- 34. Dit was sy laaste Kersfees agter tralies.
- 35. Hierdie dorp was afgesny in die Wes-Kaapse vloede.
- 39. Daar word beweer dat hy oor sy lengte en gewig gejok het (van).
- 40. Dominee wie se man aangekeer is vir die moord op haar (naam).
- 41. Die winkelgroep slaan munt uit die kleur van 'n nuwe Bok-trui.
- 42. Die span wat in Colombië gered is na 'n ongeluk.
- 44. Die tema van die Woordfees.
- 47. Drie vlootlede verdrink tydens 'n oefening van hierdie duikboot.
- 49. Hierdie "housewife" dien die geldgod Mammon.
- 51. Oud-Springbok wat om sy lewe geveg het in 'n Pretoriase hospitaal (voornaam).
- 52. Die Wêreldbeker-netbaltoernooi is in die stad gehou.
- 53. Die eerste Down-sindroom van hierdie pop sien die lig.
- 56. 'n Suid-Kaapse dorp geteister deur verskeie vlae van openbare geweld.
- 57. Bok- en Griekwaspeler wat oorlede is.
- 59. 'n Polisiegeneraal se hotelverblyf hier kos sowat R1 miljoen.
- 60. Suid-Afrika se 12de ampetlike taal.
- 68. Anti-Israel betogers word in dié Kaapse voorstad in hegtenis geneem.
- 71. Hul kragskepe veroorsaak 'n politieke stormsee.
- 72. Hy daag Ramaphosa op X uit oor "Kill the boer, kill the farmer".
- 74. Die hof beveel hom om R37 miljoen met rente aan die Universiteit Stellenbosch te betaal.
- 75. Onkant oor sy gebrekkige kennis van Afrikaans (van).
- 76. Sy blouligboelies gaan motoriste te lyf (van).
- 77. Die eerste vrou wat die Golden Globe-wedvaart gewen het (naam).
- 79. Minister wat weer sy mes vir Afrikaans slyp (naam).
