Nuusblokraai 2025

123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100
Across
  1. 1. Dié siekte jaag vleispryse op.
  2. 6. Wilgenhof-manskoshuis se nuwe naam (sonder koppeltekens).
  3. 10. Die 14-jarige wat die jongste speler ooit geword het om ’n hondertal in die Indiese Premierliga aan te teken (van).
  4. 12. Dié Suid-Afrikaanse sopraan sterf in die ouderdom van 94.
  5. 14. Kelly Smith, Jacquin “Boeta” Appollis en Steveno van Rhyn is in die saak hoor haar (naam en van) verdwyning tot lewenslank gevonnis.
  6. 16. Dié ikoniese TV- en radio-omroeper met ’n loopbaan oor talle dekades heen sterf weens kanker.
  7. 17. Die ikoniese Amerikaanse akteur uit Butch Cassidy and the Sundance Kid en Out of Africa wat in die ouderdom van 89 in sy slaap gesterf het.
  8. 19. Die laaste oorblywende olifant in die Knysna-bos wat in die Karatara-gebied afgeneem is.
  9. 21. Hy wen die Dusi-kanomarathon.
  10. 23. Pres. Cyril Ramaphosa het dié minister op verlof geplaas.
  11. 25. Jacob Zuma besoek hierdie vermeende diamantbedrieër in die hof.
  12. 26. Die voornaam van Anthonie Bougas se ma.
  13. 31. Sy stap weg met die Fleur du Cap-toekenning vir beste produksie.
  14. 35. Hy vertrek as afrigter van die Blou Bulle.
  15. 36. Sy wen haar eerste Wimbledon-titel.
  16. 37. Brittanje het vanjaar die 7/7-bomaanvalle herdenk. Hoeveel jaar is dit sedert dit gebeur het?
  17. 38. Die eenheid in die presidensie wat struikelblokke vir ekonomiese groei moet takel.
  18. 39. Robert Francis Prevost is as die nuwe pous verkies. Watter naam neem hy aan?
  19. 41. Die aanbieder van Boer soek ’n vrou (voornaam).
  20. 42. Die Matie wat onskuldig bevind is aan crimen injuria en saakbeskadiging nadat hy op ’n koshuismaat se skootrekenaar geürineer het.
  21. 43. Sy plofbare bewerings oor polisiekorrupsie het aanleiding gegee tot die Madlanga-kommissie (van).
  22. 44. Dié land skenk ’n vliegtuig aan pres. Donald Trump om te dien as Air Force One.
  23. 48. Hy draf teen Italië vir die honderdste keer in die Springbokke se groen-en-goud uit.
  24. 49. Amerika van kernaanlegte in dié land aan.
  25. 50. Die baasbrein agter die moord op haar man, Taliep Petersen, wat weer parool geweier is.
  26. 52. ’n Storm woed om dié minister se kop oor X-inskrywings (toe nog twitter) waarin hy die k-woord gebruik het.
  27. 56. ’n Besoek van genl. Rudzani Maphwanya, die nasionale weermaghoof, aan dié land het Amerika ontstoke gehad.
  28. 57. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat uit Amerika geskop is.
  29. 61. Die kaptein van die “Vrouteas” wat in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië vasgeval het.
  30. 63. Protea-speler wat vir ’n maand geskors is weens die gebruik van ’n verbode middel (van).
  31. 64. Ná ’n val sterf dié akteur wat onder meer bekend was vir sy vertolking van Johann Vorster in Egoli.
  32. 66. Oud-Springbok wat in die ouderdom van 37 jaar aan ’n hartaanval oorlede is.
  33. 68. Dié Suid-Afrikaner wen die World’s Strongest Man-kompetisie in Kalifornië.
  34. 69. Hierdie bank bereik ’n mylpaal met meer as die helfte van die land se volwassenes as kliënte.
  35. 73. Dié lugdiens se vlerke word finaal geknip.
  36. 74. Hy wen weer goud by die Chelsea-blommeskou en word aangewys as Die Burger se Ambassadeur vir 2025.
  37. 75. Britse dramaturg sterf in die ouderdom van 88.
  38. 77. In watter Kaapse voorstad het Eben Etzebeth sy biografie, Ten Slotte, bekend gestel?
  39. 81. Die Johannesburgse prokureur wat deur sluipmoordenaars in sy firma se raadskamer doodgeskiet is.
  40. 82. Op dié krieketveld het die Proteas die Wêreldtoetskampioenskap gewen.
  41. 86. Dié voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf in die ouderdom van 64 jaar.
  42. 87. Die voormalige Daphne-klas duikboot wat nou as vlootmuseum dien.
  43. 89. Maties se nuwe rektor.
  44. 90. Hy hardloop die laaste been in die 4x100m-wedloop om goud vir Suid-Afrika in China te verower.
  45. 91. Die nuwe Suid-Afrika se eerste ambassadeur na Washington wat vanjaar oorlede is.
  46. 92. Dié dier, genaamd Alicia, het 38 000km van Gansbaai na Indonesië afgelê. Watter soort dier is sy?
  47. 93. Kaapstad-metro trek sy finansiële ondersteuning van dié padwedloop terug.
  48. 94. Pres. Cyril Ramaphosa gee dié ANC-minister die trekpas.
  49. 95. Dié Chinese e-handelsplatform vestig ’n pakhuis in Suid-Afrika.
  50. 96. Dié voormalige Springbok-flank en wynmaker van formaat sterf in die ouderdom van 80.
  51. 97. Die nuwe president van die Westelike Provinsie Rugbyunie (van).
  52. 98. Jacob Zuma se dogter wat as LP van die MKP bedank het (voornaam).
  53. 99. Tydens die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert in Kaapstad het dié sangeres haar laaste openbare optrede gedoen.
  54. 100. Die Burger se Sakeleier van die Jaar.
Down
  1. 2. Maties se 16de kanselier (van).
  2. 3. Dié dramaproduksie by die KKNK wen vyf Kanna-toekennings.
  3. 4. Old Mutual se nuwe uitvoerende hoof.
  4. 5. Hy teken die meeste lopies aan in die toernooi om die Kampioenetrofee (van).
  5. 7. Binnerym van bloed is ’n outobiografiese roman van dié skrywer.
  6. 8. Billy Ray Cyrus se romanse met hierdie aktrise en model wek opspraak (naam en van).
  7. 9. Die voornnaam van Siya Kolisi se nuwe vriendin.
  8. 11. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
  9. 13. Hy begin ’n nuwe visum-inisiatief om dit vir rolprentvervaardigers eenvoudiger te maak om in Suid-Afrika te skiet.
  10. 15. Die eerste pous uit Suid-Amerika sterf in die ouderdom van 88.
  11. 18. Palestynse skrywer wat die Pulitzerprys vir kommentaar gewen het (naam en van, 3 woorde).
  12. 20. Vryburger, hekelskrywer van Die Burger, verwys na hom as die ANC se Lord Milner weens sy afkeer in Afrikaans as onderrigtaal.
  13. 22. Hulle wen die die Varsity-beker.
  14. 24. Die stigterslid van die Beach Boys wat in die ouderdom van 82 oorlede is.
  15. 27. Hierdie onderneming van Anthonie Bougas is gesekwestreer.
  16. 28. Die sluipmoord op dié regse aktivis in Amerika het veral wit Suid-Afrikaners verdeeld gehad.
  17. 29. Die naam van Deon Meyer se nuwe boek.
  18. 30. Sy wen haar vierdie Comrades-titel.
  19. 32. Die vervaardiger van die Wêreldmotor van die Jaar.
  20. 33. Fikile Mbalula sê ANC-lede mag nie dié lied sing nie.
  21. 34. ’n Student van die Dagbreek-manskoshuis by Maties sterf aan dié siekte.
  22. 40. Hy ontneem Carlos Alcaraz van ’n driekuns in die Wimbledon-eindstryd.
  23. 45. Kaapse wynlandgoed wat vir R270 miljoen verkoop is.
  24. 46. Sarie-kosredakteur en aanbieder van Kokkedoor: Son & See.
  25. 47. Dié oudminister en ambassadeur in Frankryk is dood aangetref nadat hy van die 22ste vloer van ’n hotel in Parys geval het.
  26. 51. Profielskrywer van Die Burger wat vanjaar uitgetree het.
  27. 53. Amerika sê nee vir hom as spesiale gesant.
  28. 54. Die aanbieder van MegaBoere.
  29. 55. Dié internasionale jazzfees word aanstaande jaar in dié dorp aangebied.
  30. 58. Aangewys deur The World’s 50 Best Beaches as die 12de beste strand ter wêreld.
  31. 59. Die Blitsbokke wen die wêreldtitel in hierdie stad.
  32. 60. Hoeveel pogings het dit vanjaar geverg om die nasionale begroting deurgevoer te kry?
  33. 62. Die podsending wat ’n rasherrie veroorsaak het ná neerhalende opmerkings oor bruin mense.
  34. 65. Die Burger se langsdienende rubriekskrywer wat gesterf het ná ’n ernstige beroerte.
  35. 67. Die naam van die Amerikaanse lughawe waar die eerste groep van 49 Afrikaner-“vlugtelinge” geland het.
  36. 70. Hy wen die Britse Formule Een-Grand Prix.
  37. 71. Dricus du Plessis verloor sy titel teen hom (van).
  38. 72. Voorryman van die Stormers wat na 434 eersterangse wedstryde as speler uitgetree het.
  39. 76. Politikus wat skuldig bevind is aan ’n oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (van).
  40. 78. Barbie stel ’n pop bekend met dié siekte.
  41. 79. Die regisseur van die opera Die Barbier van Sevilla wat onder meer by die Woordfees op die planke was.
  42. 80. Die sakemagnaat wat pres. Cyril Ramaphosa na die Withuis vergesel het.
  43. 83. Dié Afrikaanse kunstefees vier sy kwarteeu.
  44. 84. Die naam van die Twee Oseane-akwarium se gewilde geelkuifpikkewyn wat weens ouderdom dood is.
  45. 85. Inwoners van dié Weskusdorp betoog oor eiendomspryse en gentrifikasie.
  46. 88. Die Gupta-familie se woonkompleks in dié Johannesburgse woonbuurt is vir R35 miljoen opgeveil.