NW Sleutelwoorde

1234567891011121314151617181920212223
Across
  1. 3. 'n Sterk, beskermende stof wat gevind word in die eksoskelette van die meeste aragniede.
  2. 4. Liggaamsdele wat uit die dier se liggaam steek.
  3. 7. Die onvolwasse vorm van 'n dier wat metamorfose of verandering ondergaan.
  4. 9. Beskryf 'n dier waarvan die liggaamstemperatuur intern beheer word.
  5. 10. 'n Groen chemiese middel wat plante laat fotosinteer.
  6. 12. Die begin van die plant binne-in die saad.
  7. 13. Om uit 'n saad te ontwikkel en 'n plant te word.
  8. 14. Die vroulike deel van die voortplantingstelsel van 'n blom.
  9. 16. 'n Struktuur met 'n waterbasis, sonder bene.
  10. 20. 'n Baie belangrike deel van 'n plantembrio in die sade van plante.
  11. 21. 'n Paar lang, dun sensoriese aanhangsels aan die kop van sommige artropodes.
  12. 23. Die hoof wortel wat 'n dik sentrale wortel by tweesaadlobbiges word.
Down
  1. 1. Beskryf 'n dier waarvan die liggaamstemperatuur volgens die temperatuur van die omgewing wissel.
  2. 2. Die hoofdeel van 'n weekdier wat die meeste van die organe en die mantel bevat.
  3. 5. Die groot hoeveelheid en wye verskeidenheid lewende dinge op aarde.
  4. 6. Die proses waarin 'n organisme sy vorm heeltemal tydens sy lewensiklus verander.
  5. 8. Wanneer die stuifmeelkorrels van een blom na die blom van 'n ander plant oorgedra word.
  6. 11. Die proses om goed volgens die kenmerke wat hulle deel te groepeer.
  7. 15. 'n Wortel wat van 'n ongewone plek af groei.
  8. 17. Klein deeltjies wat uit die vrugbeginsel groei en na bevrugting in sade ontwikkel.
  9. 18. Die styselagtig voedsel wat die ontwikkelend saad voed.
  10. 19. Diere wat meestal of heeltemal net op land lewe.
  11. 22. Die manlike deel van die voortplantingstelsel van 'n blom.